Rita Li is die oudste van 3 kinders en het groot geword op hulle familie-plaas Constantia in Clocolan , Oos Vrystaat. Haar liefde vir musiek het vroeg -vroeg begin en sy het op die ouderdom van 3 jaar begin met klavier en dansklasse.
Sy het die afgelope 13 jaar meestersklasse in klassieke sang ontvang by die bekende liedjieskrywer en kabaret - kunstenaar Gisela de Villiers.
Een die hoogtepunte in haar musiekloopbaan was as regisseur en aanbieder van “The Confessio “ - ’n Ierse musiek en danskonsert wat uitverkoop het in die Atterbury teater. Haar trots Suid-Afrikaanse oomblik was toe sy onlangs die stem vir Suid- Afrika en Australië gesing het tydens die internationsionale polo toets in Johannesburg.
Na skool het sy haar graad in fisioterapie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in sport gespesialiseer. Om haar sang droom te verwesenlik het sy na 10 jaar as professionele sport fisioterapeut haar praktyk se sleutels opgehang.